Shopping security
Hierdie boek bundel bestaan uit die volgende boeke:
Dirkie - Dirkie het een oor wat regop staan en een wat hang. Die ander konyntjies lag vir hom wanneer hy die snaaksste maniere uitdink om sy oor regop te kry...Omdat niks help nie, gaan hy dokter toe, maar die dokter se daar is niks fout met sy oor nie. Uiteindelik vind hy 'n oplossing. Hy voel nou vir die eerste keer asof hy tussen die ander konyntjies inpas!
Dirkie verjaar - Dis 'n spesiale dag: Dirkie verjaar! Hy staan lekker vroeg op en help vir Mamma om alles vir die verjaardagpartytjie gereed te kry. Toe Dirkie se partytjie begin, is Annie nie daar nie ... Is sy nog op pad? En wag daar nog ander verrassings op Dirkie?
Dirkie word ouboet - Net na sy verjaardag kry Dirkie groot nuus. Mamma en Pappa vertel hom dat daar 'n babatjie op pad is. Dirkie word ouboet! Dirkie is dolgelukkig daaroor, maar ook 'n bietjie teleurgesteld: Die baba kom eers na die winter, hy moet dus nog lank wag...Uiteindelik word dit lente en die appelboom bot. En op 'n mooi oggend breek die oomblik aan!'n Wonderlike familieverhaal oor Dirkie wat vir 'n bababoetie wag. Of is dit 'n sussie?
Dirkie en annie - Dirkie is verlief. Hy droom daarvan om Annie se vriendjie te wees, maar hy is te bang om haar te vra. Dan versin hy maar iets om indruk op haar te maak: Miskien hou sy van 'n konyn met bruin vlekke, of 'n konyn met baie soetwortels, of 'n konyn wat slim lyk...Annie lag elke keer as sy hom in 'n nuwe gewaad sien. Maar toe Dirkie hom soos 'n geheimsinnige konyn vermom, raak sy bang en hardloop weg. Dirkie kom agter dat sy van hom hou net soos wat hy is. Maar sal Dirkie nou die moed he om haar uit te vra?
Dirkie en die eekhoring - Dit is herfs in die bos. Dirkie soek na kastaiings maar vind op die grond ook 'n eekhoring. Slaap hy? Is hy siek of het hy 'n pootjie gebreek? Dirkie gaan haal sy maatjie Annie en saam neem hulle die eekhoring na Dirkie se mamma. Sy sien dadelik wat fout is. Met die hulp van Mamma en Pappa neem Dirkie afskeid van 'n eekhoring.
Dirkie en sy vriendjies - Dirkie gaan elke aand na 'n oop plek in die bos. Daar speel hy met al sy vriendjies: Wit en grys en bruin en swart konyntjies. Vreemd genoeg is Dirkie die enigste konyntjie wat met almal speel. Wanneer 'n nuwe konyntjie hom by hulle aansluit, is Dirkie altyd die eerste een wat hom uitnooi om saam te speel. Maar kan Dirkie almal kry om saam te speel?
Ships within 48 hours · Estimated delivery Jun 22 - Jun 27
US$40
Get nowSign up to your membership to get coupons up to
15%
Get nowOpportunity to enjoy order discount up to 15% off
Top-Converting Item to Boost Your Average Order